Doxa Deo Website Doxa Deo Worship Home Contact Us Login
  Welcome to Doxa Deo Worship

Doxa Deo Worship

» Home
Search Song Database

Name:
Artist:
 

5 Oktober

Hi Worshipteam

Ons het Sondag veral tydens die 2 oggenddienste ongelooflike aanbiddingstye beleef.  Jandré se kindertoewyding liedjie was pragtig! Rolandi wat die rol van MD natuurlik ingeneem het, was `n absolute yster! Baie dankie julle! Ek het ook net weer gesien, hoe lekker dit is om te worship, as almal baie goed voorberei is en mekaar se harte ken! Die Heilige Gees kan doen wat Hy wil, want ons is nie in die pad nie.

Pierre en Mariette- Ons is saam met julle dankbaar dat Pedre nie te ernstig beseer is nie; en ons bid steeds dat sy herstelproses spoedig sal wees en julle hom gou weer op die sportveld sal kan ondersteun en sien excel. Heleen het Maandagoggend `n operasie gehad. Ons hoop jy sterk vinnig aan en voel sommer gou beter!

Julle het seker agtergekom dat daar nie meer koffie is Sondae wanneer ons van die verhoog afklim nie. Die koffie word voortaan weggeneem tydens die preek, om `n nuwe kultuur tussen ons vennote te kweek wat fokus op die preek en sodat daar minder steurnisse is. Daar is wel koffie onder die mosaieksaal vir ons, vir dié wat na die worship `n bietjie kafeien nodig het!  Die roete om uit te gaan is BY DIE VOORDEUR UIT en nie deur die kombuis van BEANS & BERRIES BISTRO nie. Voorstel is dat ons voortaan ons eie koffie bring, sodat ons ook nie te veel van die diens elke keer mis nie.

Die hele worshipteam moet ASB. in die toekoms NIE die Beans &Berries Bistro se deur of die kombuisdeur vanaf die ouditorium tydens DIENSTE gebruik nie. Voorstel is om aan die Ooste-kant, aan die rugbyveld se kant te parkeer, want ons gaan in die toekoms van die deur naaste aan die verhoog aan daardie kant ook op die verhoog loop en ook daar koffie plaas vir die team.

Ek wil graag net weer benadruk dat ons sal poog om meer betyds te wees vir Donderdae –aand se repetisies sowel as soundcheck op Sondae.

BAIE NB: Gaan merk asb. julle beskikbaarheid op die website vir NOV en DESEMBER voor die einde van die week!! Ek begin Maandag rooster. Laat weet my ook asb. voor die einde van die week per email wie beskikbaar is vir die 24ste Desember se aanddiens sowel as die 25ste Desember se 2 oggenddienste.

Ons nuwe NUWE liedjie proses werk as volg: Enigiemand in die team stuur vir my EN Tops `n LINK of MP3 met sy lirieke ingesluit PER EPOS. Ons lê dit voor op `n Donderdag vir die WLF en dan laat weet ons elke 2 maande watter nuwe liedjies ons gaan instudeer. Ek wil julle regtig uitnooi en uitdaag om nuwe liedjies en voorstelle te stuur. Alles waarna julle luister of wat julle opgewonde maak om God te aanbid!!!Ons het regtig tans nuwe repertoire nodig, veral vir die aanddienste. EN ONS BENODIG AFRIKAANSE liedjies en dan ONS EIE SELFGESKREWE MUSIEK.  So, laat die kreatiewe prosesse vloei!! Julle insette is regtig vir ons belangrik en help ons ook om relevant te bly.

KOORDATUMS om NOU REEDS te dagboek:26 Okt, 9 Nov,  7 Des. Net gou weer: Hoe die koor werk- as jy nie gerooster is vir daardie datum nie, is jy automaties in die koor. Maak nie saak of jy `n instrument speel, `n worshipleader is of `n vocalist is nie.

Sien julle Donderdag-aand 19:00. Ons leer 2 awesome nuwe liedjies aan!

Lekker week!

Liesl